De Pozi Info De Pozi Cape Town Ons is net twee normale Afrikaanse ouens van die Oos-Rand wat Kaapstad toe getrek het om weg te hardloop van al ons probleme. Dom genoeg om te dink ons probleme gaan in Kempton Park agterbly. Ons musiek is geïnspireer deur al die pyn, hartgebrokenheid en komplekse emosies van die grootmenswêreld Ons het ‘n jaar terug by hierdie woonstel in Rondebosch ingetrek en dit as De Pozi gedoop. Dis hoekom ons besluit het om onsself De Pozi te noem. Elke klein geluidjie wat jy nou gaan hoor het haar oorsprong in hierdie einste woonstel gevind, en omdat ons jou as ‘n gas by ons harte en huis wil innooi, sodat jy skuiling in ons musiek kan vind. So, welkom by De Pozi. Maak jouself tuis. De Pozi’s tracks Treinstasie by De Pozi published on 2023-09-01T20:48:15Z Ek wil nie by De Pozi published on 2023-09-01T20:47:54Z 1619 by De Pozi published on 2023-09-01T20:47:20Z